Inflasie in Afrikaans
Ek het die brief onlangs aan Rapport gestuur, maar dit wil my voorkom of hulle nie belangstel om dit te publiseer nie. Nou pos ek dit maar hierso en hoop iemand vind baat daarby. Voel vry om die informasie te deel met soveel ander mense as moontlik. Hoe meer mense besef hoe hulle gelieg en bedrieg word, hoe beter.
____________________________________________________________________________________________
WAL Schultz se brief, “Rentekoers wat klim, vererger net inflasie” van 20 April verwys.
Wat is inflasie? Dit steek my dwars in die krop dat Suid-Afrikaners nie die kloutjie by die oor kan kry wanneer dit by die huidige warm onderwerp van inflasie kom nie. Arms word wild rond geswaai en vingers word gewys na alles en almal toe behalwe die ware sondebok, naamlik die Sentrale Bank, of te wel, die Suid Afrikaanse Reserwe Bank en hul vriende by die Banke.
Inflasie, orals en altyd, is hoofsaaklik en opsetlik die vermeerdering in ‘n land se voorraad van geld en krediet (Banke werk “wettiglik” op ‘n 10% reserwe wat hulle in staat stel om bv. R900 uit te leen vir elke R100 in deposito. Dink aan ‘n onderstebo piramiede. Die Engelse noem dit Fractional Reserve Banking)
Dit is dus ironies dat die meeste mense die oorsprong van inflasie in Zimbabwe kan verstaan, maar nie in Suid Afrika nie.
Die eenvoudige waarheid is dat ons land se huidige en vorige politieke leiers inflasie veroorsaak het, en nog steeds doen, a.g.v. hulle monetere en fiskale beleid. Suid Afrika is tans besig om die swaar prys te betaal vir die krediet partytjie van die laaste paar jaar. Die prys verhogings wat ons nou waarneem is die simptome van inflasie, en nie inflasie self nie.
Om die woord inflasie te gebruik om stygende pryse te beskryf is vals en bedoel om aandag weg te deflekteer van die regte oorsaak en kuur vir inflasie. Die gebruik van die VPI (Verbruikers Prys Indeks) is ‘n goeie voorbeeld. VPI meet slegs die prysbeweging van ‘n mandjie van verbruikers goedere soos saamgestel deur Statistiek SA. Dit is dus net bloot ‘n indeks, en nie inflasie self nie!
So wat gebeur onder inflasie. Wanneer die geld voorraad vermeerder word, het mense meer geld om te offer teen goedere. As die aanbod van goedere nie vermeerder of saam met die geld voorraad vermeerder nie, dan begin die pryse van goedere styg. M.a.w. die huidige geld voorraad word verwater omrede daar nou meer geld in omloop is. Dus sal daar dan meer geld geoffer word teenoor ‘n brood of ‘n koerant as voorheen.(Let wel, hoer ingevoerde pryse is a.g.v. ‘n kombinasie van Amerikaanse en SA inflasie. Kommoditeite word in Dollar geprys en dan weer terug geprys in ‘n Rand wat verswak)
Dink aan inflasie as ‘n half-vol glas lemoensap. Wat gaan gebeur as jy die glas vul met water? En as jy gaan aanhou om nog water by te voeg, dan gaan die lemoensap naderhand so verdun wees, dat jy nie eers gaan kan sien dit was lemoensap nie. Dit is dieselfde met geld. As jy genoeg “druk”, of fisies of deur die krediet markte, dan gaan dit aanhou waarde (of koopkrag) verloor. Indien geld aan bome gegroei het, dan sou dit so waardevol gewees het soos herfsblare. Zimbabwe kan getuig van die feit!
Die prys van ‘n produk is die wisselkoers verhouding tussen geld en die produk. Sodra mense meer Rande het om te spandeer, waardeer hulle elke Rand minder. Produkte se pryse begin dan te styg, nie omdat daar ‘n tekort aan produkte is nie, maar ‘n ooraanbod van geld. Die selfde reel geld anders om en is bekend as deflasie. Sodra mense minder geld het om te spandeer, dan is daar ‘n onderaanbod van geld. Geld se waarde begin dan te styg en die pryse van goedere begin te daal. Let wel dat prysveranderinge nie oornag gebeur nie. Net soos ‘n ooraanbod van geld tyd vat om deur die ekonomie te spoel, so vat dit tyd vir die oortollige geld om op te droog.
Stygende pryse kan of veroorsaak kan word deur die vermeerdering van die geld voorraad, of deur ‘n tekort aan goedere, of gedeeltelik deur beide. Koring se prys kan bv. styg a.g.v. die voorgenoemde redes. Daar word egter selde gevind, selfs in tye van oorlog, dat pryse in die algemeen styg a.g.v. ‘n algemene tekort aan goedere. Die klug dat pryse styg slegs a.g.v. ‘n “tekort aan goedere” is egter ontsettend hardnekkig. As mens byvoorbeeld kyk na Duitsland in die 1920’s, nadat pryse biljoene kere gestyg het, het regerings amptenare en miljoene van die bevolking steeds die blaam geplaas op ‘n tekort aan goedere, en dit terwyl buitelanders Duitsland binnegestroom en goedere gekoop het met goud, of hul eie geldeenheid, teen pryse laer as die ekwivalente produk in hul eie land.
Inflasie, om dus op te som, is die vermeerdering van ‘n land se geld voorraad en bank krediet in verhouding met sy beskikbare goedere. Die praktyk is skadelik want:
- dit depresieer die waarde van jou geld,
- dit verhoog jou lewens koste,
- dit belas in effek die armste mense (sonder uitsluitsel) teen so hoe ‘n koers soos belasting op die rykstes,
- dit wis jou spaargeld uit,
- dit ontmoedig besparing,
- dit herverdeel rykdom en inkomste moedswillig,
- dit moedig aan en beloon spekulasie en dobbellary ten koste van spaarsamigheid en produktiwiteit,
- dit ondermyn vertroue in die vrye mark stelsel,
- dit veroorsaak die verval van ‘n land se morele waardes, en laastens,
- moedig dit wanbeleggings aan deur ondernemers.
Die kuur vir inflasie, soos meeste kure, behels die verwydering van die oorsaak. Die oorsaak van inflasie is die vermeerdering van geld en krediet. Die kuur vir inflasie is dus vir die Reserwe Bank en Banke om op te hou om die geld voorraad en krediet “op te pomp” soos ‘n ballon.








G’N WONDER! WIE IS DIE EIENAARS VAN RAPPORT?…… TE POEP BANG OM DIE WAARHEID TE SIEN……. EK POS HIERDIE AAN AL MY KONTAKTE. YOU CAN’T PRINT WEALTH AND CONSUMPTION ISN’T GROWTH. ONGELUKIG KAN DIE MEERDIHEID NIE LEES NIE……JAMMER! … EN NIE VERSTAAN NIE. HOU DIE BLINK KANT BO!
Wel, ek hoop die boodskap versprei soos ‘n veldbrand. Ons ou volkie is vas aan die slaap.
eks mal oor ekonomie maar soek baie inligting daaroor maar kry baie ou nuus ek wil graag die volgende weet die algehele begrip van alle konsepte oor en beginsels van inflasie , eienskappe ,soorte ,faktore wat daartoe lei , die effek op die ekonomie , teoriee daaroor , die probleem in SA , hoe dit gemeet word , beleid wat inflasie beveg , baie dankie
Wilbur,
Ek het vir jou ‘n e-pos gestuur met ‘n aanbeveling van waar jy kan begin. Indien jy hom nie kry nie, hier is die beste vertrek punt as jy oor gesonde ekonomiese beginsels wil begin leer.
http://freethemarketman.wordpress.com/2008/05/23/economics-in-one-lesson/
is daar ‘n handleiding met inligting oor ekonomie spesifiek woordeboek vir definisies en beskrywing sodat hulle die ekonomie kan verstaan. my seun stel baie lang in ekonomie. kan julle vir my laat weet watter boeke in afrikaans is beskikbaar.
groete
martie schutte
Wel, ek moet se dit is baie interresant om vandag te lees in die Rapport dat die uitvoerende hoof van Media 24 ook ‘n direkteur is by die SA Reserwe Bank.
Dit maak vir my nou baie sin hoekom my brief nie sou verskyn het in die Rapport nie. Die “skape” mag nie die waarheid weet nie. Hulle moet skape bly.
Klomp bliksems !
klomp ou mense